Ter viering van Suid-Afrika se 30 jaar van demokrasie, gaan die Suid-Afrikaanse bekroonde tromspeler en komponis Kesivan Naidoo, en sy bekroonde ensemble, Kesivan & The Lights, ‘n nasionale toer onderneem getiteld Freedom in Sound. Hierdie dinamiese musikale reis sal Suid-Afrika se ryk jazz-erfenis vereer en 30 jaar van demokrasie vier.

Die toer sal begin met ‘n optrede by Journey to Jazz, wat van 1 – 4 Mei 2025 in Prins Albert. Hierna sal die groep Freedom in Sound regoor die land neem en hul kragtige samesmelting van ritme, improvisasie en storievertelling na gehore landwyd bring. Die toer sal optredes by die volgende lokale insluit:

7 Mei UKZN Sentrum vir Jazz (Webtickets)

8 Mei Untiteld Basement – JHB (Quicket)

9 Mei Chris Seabrooke Music Hall, Wits, JHB (Quicket)

10 Mei Baxter Konsertsaal, Kaapstad (Webtickets)

‘n Hoogtepunt van die toer sal die spesiale lewendige opname by die Baxter-konsertsaal op 10 Mei 2025 wees, wat die energie en gees van hierdie buitengewone projek vasvang vir ‘n nuwe album. Aanhangers word aangemoedig om deel te wees van hierdie belangrike geleentheid en by te dra tot die elektriese atmosfeer van hierdie eenmalige optrede.

Lewer kommentaar

Leave a Reply