Na ‘n suksesvolle optrede saam oor Desember 2024, het Jannie Moolman en Petronel Baard besluit om voort te gaan met die sonderlinge kombinasie. Met goeie rede! Behalwe dat hul pragtig saam sing, deel hul ook kenmerke in persoonlikheid wat eerlikheid, openhartigheid asook ‘n liefde vir musiek en Afrikaans insluit. Altwee is deesdae ook woonagtig in die Suidweskaap en gekombineerd met die talentvolle pianis, Franco Engelbrecht, bring hul ‘n vars vertoning vol lieflike musiek en vrolike vertellings uit wat hul hart van vol is na gehore in 2025.
JANNIE MOOLMAN & PETRONEL BAARD – WAT DIE HART VAN VOL IS met Franco Engelbrecht op klavier by Die Boer teater restaurant in Durbanville op Donderdag 24 April om 20h30
Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com