Die welbekende liedjieskrywer en digtersanger Gert Vlok Nel vir die eerste keer in jare terug by Die Boer op Woensdag 21 Des. Dié skrywer van die trefferlied, “Beautiful in Beaufort-Wes” is ’n bekende naam in die plaaslike sowel as Europese musiekbedryf. Sy poëtiese musiek en unieke aanslag maak van hom ‘n legende in die Afrikaanse musiekwêreld. Saam met hom op die verhoog is Schalk Joubert op baskitaar.
Kaartjies is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com
