Gert Vlok Nel

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Die tunes wat al as “lonesome-jubilee-karoovlakte-blues” beskryf is, is landswyd bekend. Songs soos “Beautiful in Beaufort Wes”, “Timotei Shampoo”, “Rivier” en “Moenie my alleen agterlaat nie” het al hul plek in menigte harte gevind en sal waarskynlik in jare as absolute classics gevestig word.

Min mense weet egter dat hierdie songs, waarvan baie deur meer hoofstroom kunstenaars bekend gemaak is, deur die media sku Gert Vlok Nel gepen is. Gert Vlok Nel het in ‘n relatiewe kort tydtjie ‘n kultusfiguur onder ‘n geselekteerde groep mense geword. Daar is ‘n besliste misterieuse aura rondom hierdie sanger wat daartoe lei dat sy baie skaars vertonings gewoonlik stampvol is met fanatiese aanhangers wat elke woord kan saamsing.

As daar ‘n musiek toekenning kategorie was vir Suid Afrika se mees raar en onaangeraakte kunstenaar sou Gert Vlok Nel beslis heel voor in die ry gestaan het. Sy ongelooflike unieke skryfstyl het die vermoë om deur enige skanse te breek en mens diep in jou binneste te raak en telkens hoendervleis oor jou liggaam te jaag. Dit alles dra daartoe by dat dit beslis ‘n MOET is om hom te sien wanneer die geleentheid hom voordoen.

Lewer kommentaar

Leave a Reply