Niël Rademan is ‘n sanger-pianis wat wat ‘n reuse verskeidenheid musiek met ‘n unieke interpretasie sing. Die afgelope jare spits hy hom toe op ligter klassieke musiek en Musicals, maar keer met hierdie konsert terug na sy gunsteling plek, agter die klavier. Sy loopbaan begin 22 gelede waar hy self klavierspeel en Afrikaans, Frans, Italiaanse, Duits, Nederlands sowel as eie komposisies sing. Verwag Rademan-trefferliedjies soos “Die mooi rooi blom”, “Fisantekraal” en “Besame Mucho / Soen my ‘n duisend maal”.
By Die Boer teater-restaurant in Durbanville op Sondagmiddag 9 Julie om 14h00.
Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com