Vir amper 15 jaar al word Gian Groen op verhoë reg oor die land gesien, eers met die groep, Spinnekop en deesdae met die Gian Groen band.
Gian is egter ook ewe gemaklik in ‘n meer teatrale omgewing waar hy met net sy akoestiese kitaar ‘n meer liriek gedrewe vertoning lewer.
Gian is Vrydag 18 Julie te sien by die Ou Meulteater, Paarl, in een van sy solo akoestiese vertonings. Moet dit nie misloop nie. Jy kan uitsien na ou gunstelinge en nuwe liedjies van sy album Dekade se Ballades.
Kaartjies kos R100. Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za.

