SAMA genomineerde en Geraas toekenning wenner, Helena Hettema, sangeres, liedjieskrywer  en aktrise is op 11 Maart 2025 weer op die planke by ‘Die Boer’.

Dié betowerende kunstenaar, wat  soms as ‘n ‘ musikale enigma’ beskou word, vier haar opwindende verhoog loopbaan en herleef die nostalgie van vervloë dae met die musiek van die groot divas soos  Marlene Diettrich, Shirley Bassey en Doris Day met ”Lili” , “Never, Never” en “Que Sera, Sera”.

Helena gee nuwe lewe aan Edith Piaf, die ‘mossie van Parys’ se tydlose Franse chansons soos “La vie en rose”, L’Accordeoniste” en “Non, je ne regrette rien” waarvoor sy dekades lank bekend is.’n Hoogtepunt van haar loopbaan was optredes met die CTSO (Kaapstadse Simfonie Orkes) onder die stok van Gerard Korsten en AlanStephenson.

Die ambience word versterk met liedjies uit die geliefde blyspele soos Les Miserables en Fiddler on the roof. Hierdie liedjies verskyn op Helena se jongste DVD – Divine – a tribute to the Divine Divas and Magical Musicals  – geskiet tydens COVID-19. 

Geliefde  Afrikaanse  digters soos Toon van den Heever en Antjie Krog herleef met Helena se weergawe van  “In die Hoëveld “ en “Mama” terwyl sy haarself begelei op haar eie liedjie “Die trein het jou  kom haal”.

Sy gee ‘n blik op haar  digbundel – Journeyman – ‘n Digter ontbloot wat later vanjaar  gaan verskyn met gedigte wat universele temas behels soos, vroeë dae, ontwaking, die liefde, verlies, die dood , die uitgeworpenes en sosiale kommentaar. Die gedigte word met oorspronklike werk van bekende Suid-Afrikaanse skilders en fotograwe geïllustreer soos die beroemde Dirk Meerkotter, die kleurryke Elsa Cornelissen, waterverf van Bronwen Schalkwyk, Trevor Lloyd-Evans en Alastair Findlay en meelewende fotograwe soos Thys van der Merwe, Neville Petersen and Nico Degenaar

Helena word begelei op klavier deur die briljante Marelize Koch wat saam met haar opgetree het by die Oppiwater Kustefees.

Helena sing in Engels, Afrikaans, Vlaams, Nederlands en Italiaans en in hierdie optrede val die kollig op Nederlands en haar eie afkoms met “Gabriella’s song” uit die film “As it is in heaven” en “La Mamma”  bekend gemaak deur die befaamde Nederlandse Cory Brokken.

Helena Hettema met Marelize Koch (pianis) by Die Boer teater restaurant in Durbanville op 11 Maart om 20h30 Kaartjies kos R210 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Helena Hettema
Helena Hettema

Lewer kommentaar

Leave a Reply