Hettema vier 100 jaar van Piaf en ander

Liedjieskrywer, en bekroonde kabaretkunstenaar, SAMA genomineerde sangeres en Laureaat-ontvanger van die Universiteit van Pretoria, Helena Hettema tree op by Die Boer Teater in Durbanville om onder andere die 100ste verjaarsdag van Edith Piaf se geboorte te vier met liedjies uit haar CD Spirit of Piaf and other French Legends wat sopas landwyd hervrygestel word as twee aparte CDs.

Behalwe musiek van die “Mossie van Parys”, soos Piaf in haar tyd deur haar aanhangers liefdevol genoem is, is daar die musiek van ander Franse legendes Jacques Brel, Charles Aznavour, Mireille Matthieu en Gilbert Becaud.

Die optrede bevat ook sniite uit Helena se gewilde CD Rooiwynliefde (haar 12de CD) waarvan die musiek van die titelsnit deur die wyle gevierde musikant Christa Steyn gekomponeer is en die lirieke oor ewigdurende liefde is deur Marianne Venter. Die oorspronklike CD bevat toonsettings van groot Afrikaanse digters – “In die Hoëveld”, (Toon van den Heever), “Diep Rivier” (Eugene Marais) en nege van Helena se eie liedjies soos die lighartige “Quasi, quasi Blu” haar eerste Italiaanse/Engelse liedjie; die gewilde “Sonkring” die TV- reeks se temalied, ‘n eerste Afrikaanse/Franse weergawe; “Die trein het jou kom haal”, ‘n metafoor vir die dood, waarmee Helena haarself op klavier begelei ; asook die Karen Zoid/Bruno Andries meesleurende “Bonnie and Clyde”

Die vertoning bevat ook liedjies van die sielvolle Woordengel CD, vrygestel met gedigte van Azette Wiesner getoonset deur Liza Stassen in 2014 vrygestel.

Daar is ook liedjies van plaaslike legends soos Koos du Plessis en Anton Goosen (Helena was destyds lid van Anton se Kommissie van Ondersoek saam met wyle Lucas Maree). Daar is ook enkele liedjies van Katie Melua, Leonard Cohen en Janice Ian. Helena se optrede sluit ook ander tale in met liedjies in Frans, Vlaams en Italiaans.

Helena Hettema
Helena Hettema

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar