Mi Casa se nuwe album, Home Sweet Home, word vandag in Kaapstad vrygestel.
Home Sweet Home is die groep se derde studio album en potensiele treffers sluit in ‘Hallo Baby’, ‘Chokolat’ en ‘We own the night’.
Mi Casa skop ’n landwye toer af met die nuwe album. Vanaand is dit by die Grand West Casino in Goodwood. Dan volg die Bloemfontein Windmill Casino op 18 September 2015, die Boardwalk Casino in Port Elizabeth op 4 Oktober 2015, die Sibaya Casino in Durban op 31 Oktober 2015 en Carnival City in Johannesburg op 13 Desember 2015.
Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

