Ice-T is natuurlik een van die oorspronklike eksponente van die hip-hop genre, daarom is dit ‘n wonder dat hy nou eers met ‘n greatest hits vorendag kom. Maar dan weer sê hulle goeie dinge kom na die toe wat geduldig is. Ice-T se Greatest Hits: The Evidence was dalk net die wag werd. The Evidence sal aanklank vind by alle Ice-T aanhangers. Dit is ‘n goeie weerga van sy sosiale kommentaar oor die jare heen. Vir die wat net vertroud is met sy fliek-persona is dit ‘n kans om die ander kant van die oorspronklike hip-hop Renaissance man te leer ken.
6 op ‘n skaal van 10
