Jak de Priester span kragte saam met die hoofsanger van die rockgroep Saarkie. Sy op kitaar en hy op klavier.

Die liedjies is fyn uitgekies vir die vertoning … ’n mengsel van Jak de Priester en Saarkie liedjies en ook ’n paar ikoniese Afrikaanse treffers van Laurika Rauch, Johannes Kerkorrel en Koos Kombuis. Die liedjies word gestroop en die harmonieë van Jak de Priester se stem en Saarkie se rasperstem.

28 Maart 2023 by Die Boer om 20h30.

Kaartjies kos R 180 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com.

Jak de Priester en Saarkie
Jak de Priester en Saarkie

Lewer kommentaar

Leave a Reply