Die komponis James Horner is Maandag 22 Junie dood in ’n vliegtuigongeluk. Hy was 61 jaar oud.
Horner was bekend vir sy klankbane vir die films An American Tail (1986), Aliens (1986), A Field of Dreams (1989), Glory (1989), Legends of the Fall (1994), Apollo 13 (1995), Braveheart (1995), Titanic (1997), A Beautiful Mind (2001) en Avatar (2009). Hy het twee Oscar-toekennings ontvang vir sy werk aan Titanic.
