Innibos Joburg-na-Maputo Kuns-safari

Innibos het vanjaar ’n nuutjie vir kunsliefhebbers, die Joburg-na-Maputo Kuns-safari vanaf 30 Junie tot 5 Julie.

Toergids Kobus Burger, ook joernalis en kunsliefhebber, neem die groep per bus vanaf Johannesburg na Nelspruit, Witrivier en Maputo via Kaapsehoop. Op pad sal hulle ’n verskeidenheid kunsvorms te sien kry.

Die toer kos R13 800 wat omtrent alles insluit, vervoer, akkommodasie, vermaak en maaltye. Onthou dat jy ’n paspoort moet hê.

Vir besprekings kontak Setorio by 082 970 9188 of setorio@ntwananotours.co.za.

Kunsgalery in Maputo
Kunsgalery in Maputo
Kunsateljee in Maputo
Kunsateljee in Maputo

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar