Chester Missing is seker Suid-Afrika se bekendste pop. Saam op die verhoog in sy nuwe stuk is natuurlik die buikspreker Conrad Koch.
Koch dring daarop aan om nog twee poppe oral saam te sleep. Ronnie die monster probeer permanent om dwelmmiddels aan die gehoor te verkoop en Hilary die volstruis hou heeltemal te veel van jenewer.
En Chester het baie vrae. Hoekom praat ons nog steeds oor ras? Gaan Jacob Zuma ooit die geld terugbetaal? Hoekom hou die wit ou hom in ’n tas?
Met: Conrad Koch
Grafika: Ghia Human
Vervaardiger: Blu Blood
Genre: Komedie
Taal: English
Ouderdomsbeperking: Geen o/12 jaar
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R70 & R65
Plek: Thomas Pringle-saal, Grahamstad
Datum: 8 – 11 Julie 2015
Missing,
Roekeloos,
22 Junie 2015.
