Jan Blohm in die Paarl

Jan skryf gedigte vandat hy kan onthou. Hoewel sy groot invloed Engelse musiek is, is Afrikaans sy eerste keuse. Afrikaans is vir hom heilig en hy is baie lief vir die digkuns en probeer die digterlike eienskap aan sy musiek gee.

Hy was nog altyd aangetrokke tot die musiek van Chuck Berry en die ou rock ‘n roll pioneers. Hy’t altyd na B.B. King en Muddy Waters geluister en later ook na Rodriguez en Bob Dylan. Deesdae luister hy graag na Ben Harper, Stevie Ray Vaughn en ZZ Top. Plaaslik is die CD’s van Anton Goosen, Piet Botha en Gian Groen nooit ver weg nie.

Na skool het Jan vir hom ‘n pawnshop special acoustic gekoop. Met sy algehele haat van conformity ontdek hy die wortels van rock ‘n roll en Blues en begin dit explore.

Jan Blohm aanhangers sal tydens hierdie vertoning kan luister na ‘n verskeidenheid van Jan se geliefde, digterlike liedere waarvoor hy bekendheid verwerf het. Dié vertoning is sonder pretensie, maar vol van Jan se poëtiese eerlikheid.

Sondag, 20 September, 16h00
R100.00
Ou Meulteater, Paarl
Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za

Jan Blohm
Jan Blohm

Lewer kommentaar

Leave a Reply