John Barry 1933 – 2011

Die bekroonde komponis John Barry is verlede Sondag oorlede in New York. Hy was 77 jaar oud. Die oorsaak van sy dood is nog onbekend.

Barry was veral bekend vir die klankbane wat hy vir 12 Bond-films komponeer het. Hy is verskeie kere bekroon, onder andere Oscars vir die klankbane van Born Free (1967), The Lion in Winter (1969), Out of Africa (1986) en Dances with Wolves (1991). Hy het ook ’n Oscar ontvang vir die beste liedjie vir Born Free en ’n BAFTA vir Born Free, The Lion in Winter en Dances with Wolves. Dances with Wolves het ook aan hom ’n Grammy-toekenning besorg.

Ander films waarvoor hy klankbane geskep het sluit onder andere in: King Rat (1965), Midnight Cowboy (1969), Murphy’s War (1971), King Kong (1976), The Black Hole (1979), Body Heat (1981), The Cotton Club (1984), Chaplin (1992), Indecent Proposal (1993) en Cry, the Beloved Country (1995).

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar