Joshua na die Reën , die multi-bekroonde musikant wat pas twee Afri-Indie musiektoekennings ( Beste Manlike Kunstenaar en Beste Afrikaanse Liedjieskrywer ) gewen het, verstaan presies hoe om musiek met harte te laat praat.

Met die vrystelling van sy twee nuutste enkelsnitte, “Wandel” en “Vlieërs” , verower hy nie net opnuut die harte van sy bewonderaars met sy sielvolle lirieke nie, maar bewys hy ook dat sy werk net beter word met tyd.

“Wandel” , ’n pop-ballade uit sy eie pen, gaan oor hom en sy vrou, Danél. Omdat dié so ’n persoonlike lied is, glo die sanger dat dit sal aanklank vind by ’n wye gehoor aangesien dit met ’n brose plek in die hart praat.

“Danél skep vir my ’n spasie van aanvaarding en genesing; daar is niks wat ek nie vir haar kan sê nie. Ek is dankbaar vir ’n pad saam met haar, wat voel soos om te wandel deur woude, berge en deur riviere met die geluid van die wind deur die bome en die son se strale wat sag op die grond neerlê,” verduidelik hy.

Sy tweede enkelsnit, “Vlieërs” , sluit mooi by dié tema aan en gaan oor die vryheid en konneksie wat daar in ’n verhouding kan wees.

By Die Boer teater restaurant in Durbanville

15-17 Februarie om 20h30

Kaartjies is R260 en beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Joshua na die Reen 2022
Joshua na die Reën 2022

Lewer kommentaar

Leave a Reply