HoutSnaar stel ’n splinternuwe enkelsnit, “Jy Weet Net Hoe”, bekend – ’n vars en energieke vrystelling wat ’n nuwe hoofstuk vir die groep inlui.
Die liedjie het reeds in 2023 begin vorm aanneem, in ’n tyd toe die lede nog nie as ’n amptelike groep saam gefunksioneer het nie. Aanvanklik was die plan om liedjies te skryf vir ander kunstenaars, maar ná die vrystelling van hul debuutsnit “Sionsbruid”, het hulle besluit om self hul musiek onder die naam HoutSnaar uit te bring.
Met die kundige hand van vervaardiger Ruan Graaff, het “Jy Weet Net Hoe” tot lewe gekom en ontwikkel in ’n dinamiese produksie wat die groep se groei en veelsydigheid weerspieël.

