Met sy jongste vrystelling by Universal Musiek, lewer Franco ’n atmosferiese en rou eerlike snit wat onmiddellik aandag trek. “Kaal Sigarette” meng kwesbaarheid met ’n kenmerkende “verlore in die Kaap”-indie energie, en neem luisteraars op ’n emosionele reis deur die deurmekaar, vae grense van ’n verhouding wat ontaard het in ’n pragtige chaos.

Die klank is edgy en alternatief—’n wegbeweeg van die verwagte. Dis donkerder, eerliker en onmiskenbaar eg. Franco vang daardie gevoel vas van om heeltemal “mal” te wees—vasgevang tussen liefde en spyt.

Met hierdie vrystelling vestig Franco homself as ’n kunstenaar wat nie net gehoor wil word nie, maar gevoel wil word. En dalk is dit juis hoekom almal begin vra:
wie is daai ou wat “Kaal Sigarette” sing?

Kaal sigarette - Franco
Kaal sigarette – Franco

Lewer kommentaar

Leave a Reply