Kaleidoskoop is ‘n Afrikaanse musiekgroep wie se musiek as akoestiese ‘folk-pop’ beskryf word. Met kleurryke harmonieë en skerp poliritmiese instrument-spel neem Kaleidoskoop ’n hele spektrum van musiekvorme aan.
Kaleidoskoop bestaan uit twee permanente lede, Jouba Jordaan en Anique Jordaan (geen verwantskap). Albei sing en bespeel onderskeidelik kitaar, perkussie-instrumente, mondfluitjie en klavier. Daar is ook soms ‘n verrassing in die vorm van ‘n trekklavier of glockenspiel wat ingespan word om hul vertoning se prentjie verder in te kleur.
15 September is Kaleidoskoop by Die Boer in Durbanville om 20h30. Bespreek by 021 979 1911 of 083 406 0111.
Hulle sing onder andere liedjies vanaf hul twee albums: Platsak (2010) en Vars Uitgekerf (2012).