Op Sondagmiddag, 6 Desember 2015, om 16:00 bied Bel Canto Ensemble en Mimi Coertse vir die derde keer hul immergewilde Kerskonsert aan.
Die program is saamgestel om aan die smaak van die hele gesin te voldoen. Gaste kan verwag om betower te word met ‘n verskydenheid van alombekende en geliefde kersliedere soos “The Holy City”, “Oh Holy Night” en “Somerkersfees”. Hierdie is beslis ‘n geleentheid vir die hele gesin wat nie misgeloop mag word nie.
Genre: Musiek
Taal: Verskeie
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjies: R160 & R140
Tydsduur: 1 uur 20 minute (met ‘n 20 minute pouse)
Plek: Atterbury-teater, Lynnwood, Pretoria
Datum: 6 Desember 2015 – 16:00
Kersfees met Mimi,
Roekeloos,
4 November 2015.