#kkarooklassique Kykie, dis Klassiek

Oudtshoorn se eie klassieke musiektalent kom vanjaar in die kollig met ’n program wat in die Bridgton-gemeenskap aangebied word.

Drie kort, uiteenlopende uitvoerings, waaronder John Theodore en Sulayman Human vir die eerste keer saam op twee klaviere en ’n program van roerende kerkmusiek in ’n baie unieke kerkgebou, word aangebied.

Die lokale is binne maklike loopafstand van mekaar en die kaartjieprys sluit verversings in.

Met onder andere: John Theodore (klavier), Sulayman Human (klavier) en ’n Feeskoor, saamgestel uit drie UCC-kore en die St Simons Anglikaanse Kerkkoor

Genre: Klassieke musiek
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 150 minute
Kaartjies: R125
Plek: Weyers Memorial UCC, Oudtshoorn
Datum: 15 Augustus 2015, 11:30

Klein Karoo Klassique 2015

Kykie, dis Klassiek,
Roekeloos,
23 Julie 2015.

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar