Elvis Blue sê dat dit beide opwindend en vreesaanjaend was om weer die geleentheid te kon kry om saam met sy vriende musiek te maak nadat hy vir maande weens die Covid-19-grendelreëls tuis moes gebly het. Hy vertel: “Ek het tydens die opname van hierdie vertoning gevoel soos Boris, die maltese poedel uit my kinderdae, wat soms ontsnap het uit ons tuin en dan karre in die pad af gejaag het – dit was lekker en vry! Ek hoop mense geniet die musiek!”

Hierdie geliefde Afrikaanse musiekster speel saam met Thinus Odendaal (dromme) en Mathys Maree (klavier) in hierdie heerlike aanlyn konsert. Mense kan verwag om van Elvis se grootste treffers te hoor, asook ’n paar van sy gunsteling covers.

Met drie platinum- en twee goue albums, en ’n lang lys top 10-treffers bly Elvis een van die hardwerkendste kunstenaars in Suid Afrika, met sy passie om sy musiek by ieder en elk uit te bring ’n sterk dryfveer. Sy gewildheid is ook toe te skryf aan sy vermoë om aanklank te vind by oud en jong, Engels en Afrikaans, en om kwaliteit musiek te kan maak.

Elvis vertel dat die Covid-19-inperkingsreëls hom weer die wonder van sy gesin laat ontdek het. “Ek was die afgelope 10 jaar maar min tuis. Hierdie tyd het my ook die kans gegee om ander projekte te begin. Ek en my vrou het ’n padstal in George oopgemaak waaroor ons al lank droom. Kom kuier vir koffie!”

Moenie Elvis Blue se heerlike konsert misloop nie. Kry jou kaartjies by WEBTICKETS. Dié musieksessie sal vanaf Donderdag 3 September om 20:00 beskikbaar wees om te kyk vir 72 uur.

HOE OM DIE VERTONING TE KYK: (Twee maklike stappe!)

Jy koop ’n kaartjie presies soos wat mens ’n kaartjie vir ’n gewone konsert sou koop, by WEBTICKETS. *Jy moet ’n profiel skep, en jou kontakbesonderhede invul. Op die aand van die vertoning, skakel jy weer in op WEBTICKETS, gaan na My Account, en kliek dan op My Tickets. Hier sal ’n skakel wees wat 20:00 live gaan. Kliek dan op die skakel – die player sal outomaties oopmaak en jy kan die vertoning kyk.

Elvis Blue, foto: Marilie Loubser

Lewer kommentaar

Leave a Reply