#KleinKarooKlassique Nagmusiek

Nagmusiek is ’n samestelling van kort werke van die Suid-Afrikaanse komponis Arnold van Wyk (1916-1983) vir stem en klavier wat dateer uit die tyd toe hy as kind vakansies by De Rust deurgebring het. Die werke word gebind deur ’n verhaal uit briewe en dagboekinskrywings van Van Wyk wat die wêreld van die Klein Karoo oproep en meer oor sy estetika te kenne te gee.

Grethe Nöthling het haar doktorsgraad van die Universiteit van Iowa in die Verenigde State verwerf in 2014 onder die leiding van Prof Uriel Tsachor. In haar verhandeling het sy ‘n uitvoeringsgids ontwikkel vir die vroeë soloklavierwerke van Arnold van Wyk.

Matildie Thom Wium is ‘n musikoloog en ‘n mezzo-sopraan. Haar doktorale studie het ook op Van Wyk se musiek en komposisieproses gefokus, en sy voer gereeld Afrikaanse kunsliedkomposisies uit, insluitende werke deur Van Wyk. Beide Matildie en Grethe doseer tans aan die Odeion Skool vir Musiek by die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein.

Stephanus Muller is ’n professor aan die konservatorium van die Universiteit Stellenbosch en is vir sy Arnold van Wyk biografie, Nagmusiek, bekroon met die kykNET/Rapport-prys vir Nie-Fiksie.

Met: Grethe Nöthling (klavier), Matildie Thom Wium (mezzo-sopraan) en Stephanus Muller (voorlesing)

Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 50 minute
Kaartjies: R125
Plek: NGK Park, Oudtshoorn
Datum: 13 Augustus 2016

Klein Karoo Klassique 2016

Nagmusiek

#KleinKarooKlassique Nagmusiek


2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply