Grammy-bekroonde fluitspeler, Wouter Kellerman, het ook reeds ses SAMA-toekennings ontvang en tree vir die eerste keer by Klein Karoo Klassique op.
Sy optrede sluit klassieke werke soos Franse barok-komponis, Marin Marais, se Folies d’Espagne, Antonio Vivaldi se Winter, Brian Boru se March (’n tradisionele Ierse-melodie), ’n ander klassieke Ierse-stuk, Si Do Mhaiimeo en Kellerman se eie moderne klassiek-geïnspireerde Buenos Aires, The Long Road, Sylvia, Half Moon, Wind, Samami en Notre Futur in.
Kellerman vind sy inspirasie vir die skryf van komposisies en vermaak van gehore in die spasies tussen kulture en lande, genres en dissiplines en vermaak gehore met warmte en tegniese vaardigheid.
Met: Wouter Kellerman (fluit), Luke van der Merwe (kitaar), Phresh Makhene (baskitaar en sang) en Della Tamin (kitaar en sang)
Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 1 uur 15 minute
Kaartjies: R125
Plek: NGK Park, Oudtshoorn
Datum: 13 Augustus 2016
Wouter Kellerman
#KleinKarooKlassique Wouter Kellerman
Roekeloos
2