Hulle genre kan nie beperk word tot een woord nie. Hulle lirieke vertel stories van ons diepste menswees en hulle musiakliteit en energie het gehore dié musiekervaring as lewensveranderend laat beskryf. Met dié vooruitsig bring hulle die musiek van die splinternuwe Prediker album asook van die ou gunstelinge na die kus van Suid-Afrika.
Met hulle verhoog vol instrumente en skatkis vol stories beloof dit om ‘n konsert te wees wat jy nie wil misloop nie …
Kom klim op die RAAFtuig vir ‘n reis van musiek wat jou gaan laat lag, huil en mees beslis gaan laat partytjie – ‘n musiek ervaring wat jy nooit gaan vergeet nie!
By Die Boer restaurant teater in Durbanville op 23 en 24 April om 20:30. Kaartjies kos R250 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com
