La Dilemma dell’ Amore

– NOT by Verdi –

Vir hul jaarlikse konsert doen die Klein Libertas Teaterkoor ‘n stuitige weergawe van ‘n mini-opera wat nie opera is nie.

La Dilemma dell’Amore is ‘n parodie van opera seria wat in die hande van hierdie hoogs individualistiese teaterkoor opera buffo in die mees komiese vorm word. Moet vir geen oomblik dinge ernstig opneem nie – die koor gaan jou wys waar sepies vandaan kom! Daar is ‘n Contessa wat oor die tou trap, ‘n bediende wat eintlik ‘n man is, ‘n romantiese held wat eintlik ‘n vrou is, giftige pastei, dolke en moord en en nog moord.

Onder leiding van Rika Vermeulen met Juanita Swanepoel as regisseur en die nimlike André Strijdom wat die musikale leisels vashou, gaan die koor weer hulle baie vermaaklike slag wys op hulle tuis-verhoog.

11 & 18 November by die Klein Libertas Teater in Stellenbosch.

Tyd: 19h00
Kaartjies: R40
Besprekings: 021 883 8164 of info@kleinlibertasteater.co.za

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar