Laurika Rauch met Loki Rothman: Blou
Laurika Rauch en Loki Tothman se samewerking het met die herskepping van Laurika se ikoniese treffer “Blou”, as ’n duet vir haar album Die reis, begin.

Loki het die nuwe verwerking gedoen en natuurlik ook saamgesing. Dié nuwe weergawe van “Blou” het reeds opslae gemaak (hulle het onder meer die Ghoema-prys gekry vir die luitoon van die jaar).

Laurika is reeds lank gevestig as ’n gewilde sangeres. Loki is baie geliefd – nie net as begeleier nie, maar ook as solokunstenaar, liedjieskrywer en musiekvervaardiger. Sy virtuose perkussiewe kitaartegniek is verstommend om te beleef en sy aanslag en stem, gekombineer met Laurika se stem en unieke vertolkingsvermoë, maak hul vertoning ’n buitengewone musiekervaring.

Met: Laurika Rauch en Loki Rothman

Musiekregie: Laurika Rauch en Loki Rothman

Vervaardiger: Laurika Rauch Produksies

Genre: Kontemporêre musiek
Taal: Afrikaans, English
Ouderdomsbeperking:
Tydsduur: 1 uur 20 minute
Kaartjies: R155 (R170 by die deur)
Plek: Absa Burgersentrum, Oudtshoorn
Datum: 1 & 2 April 2018
KKNK 2018


Laurika Rauch met Loki Rothman: Blou

Laurika Rauch met Loki Rothman: Blou


2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar