Die Odeion Strykkwartet, 2014 Kanna-pryswenners en twee keer genomineer vir Fiësta-pryse saam met die pianis, Ilse Schumann, woonagtig in Wene, bied ‘n unieke program aan bestaande uit die klavierkwintet van Brahms asook die première-uitvoering van Kommadagga van die Kaapstad gebore komponis, Shane Woodborne.
Kommadagga is die geboortedorp van Jakes Gerwel aan wie die werk opgedra word en wat spesiaal vir die geleentheid gekomponeer is om by die tema “Legendes in SA” aan te sluit. Shane is oonagtig in Salzburg.
Die Odeion Strykkwartetlede bestaan Samson Diamond (viool), Sharon de Kock (viool), Jeanne-Louise Moolman (altviool) en Anmari van der Westhuizen (tjello).
* Debuut *
Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R120
Plek: Artscape Fluweelkamer, Kaapstad
Datum: SO. 30 APRIL 2017 (15:30 – 16:30)
Legendes Klein Klassique
Legendes Klein Klassique
Roekeloos
3