#NAF16 Guy Buttery & The Odeion String Quartet

Guy Buttery se kitaar en die instrumente van die Odeion strykkwartet gesels saam as onafhanklike musikale stemme waaruit ’n unieke rits teksture, polifoniese melodieë en poliritmes vloei in die kenmerkende Buttery-styl.

#NAF16 The Festival Gala Concert

Vanjaar se gala-konsert by die Nasionale Kunstefees is onder leiding van Richard Cock, met die Oos-Kaapse Filharmoniese Orkes, die Odeion Strykkwartet en Avigail Bushakevitz.

#SOF Odeion Strykkwartet met Zanne Stapelberg

Dié 2014 Kanna-wenners bring hulde aan Suid-Afrikaanse Komponiste met die eerste uitvoering van Hendrik Hofmeyr se nuwe weergawe van Death of Cleopatra vir stem en strykkwartet.

Pimp My Piano

Charl du Plessis vervleg romantiese klassieke musiek met die kontemporêre ritmes van rock, pop, blues en jazz. Mozart, Bach en Gerswhin kom aan die beurt, asook bekende wysies van Abba en Lady Gaga. Slegs een vertoning! Ook met Werner Spies (bas), Hugo Radyn (tromme), Juan Oosthuizen (kitaar), Lizelle le Roux (viool) en Jeanne-Louise Moolman (altviool). […]