Ag talentvolle jong klassieke musici span vir die eerste keer kragte saam om die nuwe normaal wat deur die globale Coronavirus pandemie veroorsaak is met drie lewendige konserte in samewerking met die Nasionale Jeugmusiekstigting (NJMS) op 9 en 10 Oktober 2020 in Kaapstad en Wellington te vier.

Genaamd ‘n Sosiale afstand Enescu-oktet, sal die reeks om 18:00 op Vrydag 10 Oktober by Erin Hall in Rondebosch, Kaapstad premiere. Dit gaan dan vir twee opvoerings na die Ou Leerlooiery in Wellington opvoerings om 15:00 en 18:00 op Saterdag 10 Oktober 2020.

Violis Jeffrey Armstrong, 23, die algehele en goue medaljewenner van die 2014 Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMK), ook ‘n voormalige konsertmeester van die Kaapstadse Filharmoniese Jeugorkes (KFJO), is een van die agt musieksterre wat saamwerk om die Strykoktet in C majeur, Op. 7 deur die Roemeense komponis en dirigent George Enescu te speel. Hy beskryf die konserte as ‘n kollektiewe passieprojek.

Dié konserte lui die hervatting van die Jong Kunstenaars Konsertreeks van die NJMS in, ná die nasionale inperking in Maart begin het.

Dit het Enescu 18 maande geneem om die ingewikkelde werk vir vier viole, twee altviole en twee tjello’s te voltooi. Ná dit aanvanklik as te riskant beskryf is, het dit uiteindelik in Desember 1909 in Parys gedebuteer.

Die oktet bestaan uit klasmaats, opvoeders, student en mede-deelnemers in die jaarlikse NJMK. Dit is ‘n dwarsprofiel van die Kaapstadse klassieke musiekwêreld. Die vier wie by die NJMK betrokke was, is Jeffrey, David Bester, 29, en Nicola McLachlan, 21, wie almal ad hoc spelers van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO) en Joshua Louis, 23, KFJO konsertmeester. Die ander vier musici is Petrus Coetzee, 35, hoofaltviolis van die KFO, Stephanie Lawrenson, 23, hoof-altviolis van die KFJO, Graham du Plessis, 36 en Paul Loeb van Zuilenberg IV, 24, ad hoc spelers van die KFO.

“Dié program word selde opgevoer. Die COVID-19 inperking het die geleentheid vir die musici geskep om ‘n stuk wat selde uitgevoer word in te oefen en saam te werk. Ons is verheug om weer kamermusiek te repeteer en op te voer,” sê Jeffrey geesdriftig.

Die konserte word streng ingevolge die COVID-19 regulasies aangebied. Dit sluit in individuele keuring, die verpligte dra van maskers en die handhawing van sosiale afstand.

Slegs 50 mense word per vertoning toegelaat. Bespreking is noodsaaklik en kan deur Quicket gedoen word. Kaartjies vir die Kaapstad premiere is R150 en R120 vir pensioentrekkers en studente. Vir Wellington, is die kaartjies R120. Dit sluit verversings vir al drie vertonings.       Die Quicket-skakels is as volg: Erin Hall gaan na Quicket: https://qkt.io/ABBFL1 en Die Ou Leerlooiery gaan na Quicket: https://qkt.io/25zKbt

Die ag musici van ‘n Sosiale Afstand Enescu-Oktet wat Vrydag en Saterdag 9 en 10 Oktober by Erin Hall, Rondebosch en die Ou Leerlooiery, Wellington optree. Hulle is: David Bester, 29, Stéphanie Lawrenson, 23, Petrus Coetzee, 35, Jeffrey Armstrong, 23, Paul van Zuilenburg, 24 Nicola McLachlan, 21, Graham du Plessis, 36 en Joshua Louis, 23.

Lewer kommentaar

Leave a Reply