Mar-Net

Johannette en Marise de Vos is susters, met een verskil, hulle is ‘n tweeling wat kan sing.

Die twee het hul sangloopbaan afgeskop by ‘n funksie by die welbekende Nampo Landbouskou (2003). Vandaar het hulle nog nie ‘n oomblik stil gesit nie en sing al die hele land aan die brand.

Mar-Net se debuutalbum Jy Wys My is onlangs uitgereik en weerspieël hulle liefde en passie vir musiek en mense. Mar-Net is nie ‘n duet nie – elkeen sing afsonderlik en elkeen het haar eie unieke styl en voorkeure. Jy Wys My is dus een CD met twee kunstenaars.

Met Jy Wys My het hulle gepoog om iets vir elkeen se smaak te doen – daar is drie treffers uit die sestigs, ses liedjies is oorpronklik en die ander drie is goeie verwerkings van ander gewilde liedjies.

Alhoewel net Jy Wys My deur hulle self geskryf is, was hulle baie nou betrokke by die skryf van al die ander liedjies ook.

Jy Wys My is ook aangewys as die nasionale wenner van die pas afgelope Afrikaanse Expo in Pretoria wat aangebied is in samewerking met die ATKV.

Mar-Net het hulle debuut ook verlede jaar by die KKNK gemaak en is baie goed ontvang.

Mar-Net is ideaal om die geesdrif aan te wakker en hulle weet hoe om die gehoor aan hulle kant te kry en hoe om ‘n funksie lewendig en genotvol te maak.

Lewer kommentaar

Leave a Reply