Massive Attack

Die Britse groep Massive Attack se vierde album, 100th Window, het in Februarie verskyn. Agter die produksie sit Robert Del Naja en Neil Davidge. Hulle werk is ‘n reuse plas in die poel van glansende elektroniese genot gekleur met Arabiese snare. Robert Del Naja verduidelik: “Ons wou dit ‘n baie warmer gevoel gee as Mezzanine sonder om dit sagter te maak. Ons wou aan die voorpunt bly, maar sonder om die intrige te verloor.” Sinead O’Connor sing in drie liedjies: “What Your Soul Sings”, die swaar dub en emotiewe “A Prayer For England” en die donker “Special Cases”.

Lewer kommentaar

Leave a Reply