Splinternuut, en gebaseer op ’n ware gebeurtenis, is My Hande is my Rande – ’n instrumentale vertoning met kraakvars nuwe musiek uit die pen van Rocco de Villiers.

In die vertoning vier Rocco met sy musiek sy liefde vir Meiringspoort, besin hy oor die vermistes a.g.v. die pandemie met “Ek vermis jou”, waardeer hy sy hande met sy nuwe treffer “My Hande is my Rande”, besing die groen landskap van Suid Afrika en ook ’n nuwe spog Kersfeesstuk, “Wat doen julle vir Kersfees?”, vir klavier en sy orkes. Al die musiek vorm deel van sy splinternuwe digitale album. Nuwe musiek, met vorige musiek soos “Liewe Hemel Liewe Aarde”, “Music Box”, “Kortbroek Langkouse” en “Chariots of Fire” ingeweef n die program.

Die beste jaareindfunksie op die kalender. Rocco se splinternuwe debuut digbundel, Die eiesoortiges geniet ook ’n paar voorlesings. Rocco de Villiers is op 1 Desember 2022 om 20h30  by Die Boer restaurant teater in Durbanville. Kaartjies kos R220 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

My hande is my rande, Rocco de Villiers

Lewer kommentaar

Leave a Reply