Die pianis Rocco de Villiers toor met die gewilde keurspel van Jim Muller. Immergroen treffers van Nico Carstens, soos “Die Klokkiewals” en “Zambezi”, “Warm Snare” van wyle Hansie Roodt Snr, Hendrik Susan, Ollie Viljoen en Taffie Kikillus, word afgestof, blink gepoets en kry ’n nuwe huppel in die stap vir die 21ste eeu.
Hierdie moenie-mis-konsert is ‘n huldeblyk, ‘n reis van nostalgie en ‘n kykie in die toekoms sonder om die verlede te vergeet.
By Die Boer teater restaurant in Durbanville vir net een vertoning – 19 November 2020 om 20h30.
Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by 021 979 1911 / www.dieboer.com
