Miss Mandy vier met hierdie vertoning haar 33ste jaar in die vermaaklikheidsbedryf – stoksielalleen, want haar musikante is ongelukkig nie beskikbaar om haar te begelei nie. Hulle speel wel op die backtrax wat sy in hierdie vertoning gebruik. Dit behoort niemand te affronteer nie,sy gee soos gewoonlik alles in haar siel en dan nog ‘n bietjie.
Naby bevat al die liedjies wat Amanda Strydom volksbesit gemaak het – sy sing in Afrikaans, Frans en Nederlands en deel stories uit haar loopbaan en lewe. Dit is ‘n intieme ervaring met al die wipplank emosies waarvoor Strydom bekend is – lekker lag en lekker huil, met daardie X faktor wat jou diep, diep raak.
25 & 26 Mei by Die Boer in Durbanville.
Kaartjies is R130.00
Bespreek by 021 979 1911
