Twee voormalige deelnemers en ‘n internasionaal-bekroonde hobospeler is onder die beoordelaars van die 2024 Nasionale Jeugmusiekkompetisie (NJMK).
Die kompetisie van 2 tot 7 Desember 2024 by die Endler-saal in Stellenbosch, vier vanjaar sy 40ste jaar van musiekuitnemendheid. Slegs 20 ontluikende klasieke musieksterre tussen die ouderdomme van 14 en 19 jaar is vir vanjaar se kompetisie gekies.
Dit is die eerste keer dat, wat as een van die mees uitmergelendste musiekkompetisies beskryf word, in Stellenbosch onder die beskerming van Stellenbosch Universiteit (SU) se musiekdepartement gehou word.
Voorsitter van die SU se musiekdepartement, Prof Mario Nell, sal die niestemdraende voorsitter van die beoordelaarspaneel wees. Prof Nell was in 1991 die algehele wenner van die NJMK. Die ander voormalige deelnemer is Samantha Durrant (2014). Sy is onlangs as die artistieke leier van die Odeion strykkwartet en as ‘n viooldosent van die Universiteit van die Vrystaat (UV) Odeion aangestel.
Eldevina Materula, ook bekend as Kika Materula, is ‘n gevierde Mosambiekse obospeler met wye internasionale ervaring. Sy is in 2016 deur die president van Portugal tot Offisier van die Prins Henry-Orde beslaan.
Die ander jurielede is Emeritus Prof John Hinch, Franklin Lewis, Emeritus Prof Ella Fourie, Bennie van Eeden en Babette Roosenschoon. Buiten Me Roosenschoon was al die ander beoordelaars in vorige jare van die NJMK betrokke.
Hulle sal individueel punte aan die die 20 deelnemers toeken deur na meer as ‘n honderd werke tydens die kompetisie te luister. Die opkomende sterre ding mee om die gesogte NJMK-titel, die R180 000 prysgeld, goud-, silwer- en bronsmedaljes.
Die NJMK-wenner en finale ranglys word kumulatief oor vier rondes bepaal. Dit is die enigste kompetisie in Suid-Afrika waar die ses finaliste, begelei deur die Kaapstadse Filhamoniese Orkes (KFO), sake uitspook.
Toegang vir die eerste drie rondes is gratis. Kaartjies vir die finale ronde se galakonsert, is vanaf R110 by Quicket beskikbaar https://www.quicket.co.za/events/286207-national-youth-music-competition-2024/#/.