Die gedugte duo van Niël Rademan en Lucas Heinen voer menige genres uit en dié konsert is geen uitsondering nie. Klassiek tot Kabaret bestaan uit bekende virtuose melodieë vir trekklavier en klavier, sowel as en liedere uit musiekspele, selfgeskrewe musiek en klassieke treffers. Niël Rademan is bekend vir sy vermoë om ’n verskeidenheid genres in een program tot ’n toweragtige geheel saam te snoer.

By Die Boer teater in Durbanville op Sondagmiddag 8 Junie om 14h00.

Kaartjies kos R 220 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn www.dieboer.com

Niël Rademan foto Gys Loubser
Niël Rademan, foto: Gys Loubser

Lewer kommentaar

Leave a Reply