Nightlife

Neil Tennant en Chris Lowe, oftewel die Pet Shop Boys, is Pop Svengalis. Hulle opvoeding het destyds bestaan uit klubmusiek afkomstig uit gay uithangplekke in Londen en New York en met hul vriendskap en kreatiwiteit het hulle vir ons ‘n heel nuwe klank geskep daaruit.

Tye verander egter en die seuns het bietjie agter geraak en in hulle dop gekruip. Hulle is nou terug met Nightlife wat bestaan uit dieselfde ou goeters wat hulle sterre gemaak het in die 80’s.

Mens het baie meer verwag van die twee talentvolle musikante. Daar is nie veel sprake van kreatiewe ontwikkeling die slag nie. Miskien is die ouens se tyd nou maar eens en vir altyd verby, maar wie weet, miskien verbaas hulle ons weer eendag.

3/10

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply