Met: Ben Stiller, Owen Wilson, Snoop Dogg, Vince Vaughn, Carmen Electra & Juliette Lewis
Regisseur: Todd Phillips
Starsky & Hutch bring hulde aan die televisiereeks uit die ´70s met dieselfde naam EN dryf die spot daarmee. Die eerste suksesvolle film in die genre, wat deesdae so gereeld opgebring word in Hollywood.
Die sukses van hierdie film skryf ek toe aan die goeie interaksie tussen die rolprent se sterre, Ben Stiller en Owen Wilson. Met die hulp van oulike kwinkslae vertolk hulle die twee teenoorgestelde karakters uitstekend.
Starsky en Hutch werk vir die eerste keer saam aan ´n moord wat gekoppel word aan ´n nuwe soort kokaiëne (New Coke) wat honde nie kan uitsnuffel nie.
Starsky & Hutch is beslis regisseur Todd Phillips (National Lampoon’s Animal House en Road Trip) se beste poging. Behalwe vir die goeie vertolkings is daar nog die klere, hare, meubels en disco wat perfek in plek val.
Groovy!
6/10
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
