Van Mesopotamië tot Mariah, die liefdeslied was nog altyd die kern van populêre musiek. Historici en musikante is reeds dekades besig om die verlore musiek uit ou beskawings na te vors en te herskep, Nataniël het gaan luister en leer en die resultaat is sy nuutste skepping, Nineveh Song, ’n versameling liedere van die begin van beskawing tot 2024 se eerste treffers.
Soos die liefde, gaan hierdie vertoning oor skoonheid, humor, hartstog en die soeke na dit wat verlore is. Met tonne romantiek, splinternuwe stories en musiek – onbekend en geliefd – is Nineveh Song die perfekte gebeurtenis vir die week van Valentyn! Hierdie vertoning is eksklusief aan Drostdyteater en word nêrens anders aangebied nie.
Nataniël deel die verhoog met Steinway-pianis, Charl du Plessis.
Kostuums is ontwerp deur Floris Louw.
Slegs 4 vertonings!
Kaalkopwinkel in die foyer.
Geen kinders onder 15.
14 – 17 Februarie 2024
Drostdy Teater, Stellenbosch

