Klein Karoo Klassique word vanjaar op ‘n hoë noot geopen met ?n uitvoering deur die wenner van ATKV-Muziq, ‘n hoogaangeskrewe, nasionale klassiekemusiekkompetisie vir jong volwasse musici.
Vorige wenners sluit musici in wat sedertdien aansien verwerf het onder die land se voorste musieklui, soos Ben Schoeman (klavier, 2003) en Minette du Toit-Pearce (mezzo-sopraan, 2006).
Kaartjies sluit die konsert met daarna ‘n glasie wyn en ‘n heerlike Klein Karoo-vingerete deur die gewilde PieterCelia’s in.
29 September • 18:30 • Die Neelsie • R100 •
