Die volgende konsert in Die Liedmakersgilde se 21ste bestaansjaar vind plaas op 6 September 2015 in die Nassau Sentrum in Nuweland, Kaapstad. Hierdie interessante program ondersoek die verskillende soort reise waarop die digters hulself bevind, soos getoonset deur ‘n uiteenlopende versameling komponiste, waaronder Schubert, Sibelius, Gounod, Ravel, Ginastera en Tosti!
Die twee sangers is mezzo-sopraan Elizabeth Frandsen en bas Dónal Slemon, met Elna van der Merwe by die klavier.
Die konsert begin om 16.00 en alle kaartjies kos R100,00. Soos gewoonlik kan skoliere en studente met studentekaarte die konsert gratis bywoon. Aangesien sitplek beperk is, is bespreking noodsaaklik. Kontak asseblief vir Hanna van Schalkwyk by 082 824 1007 of hanna@musicumbrella.co.za.
