Rembrandt

Mathys Roets, met Matthys Maree op klavier, ondersoek die muses van manwees in Rembrandt.

Liedjies van sy nuwe album, onder andere geskryf deur Piet van Wyk de Vries en Danie Niehaus, soos “Rembrandt”, “Madelein”, “’n Man se liedjie” en “Iemand het ‘n ster laat val”, verklap ‘n paar van die dinge wat manne beïnvloed en betower.

Die program sluit natuurlik ook van sy ou bekende en gewilde treffers in, onder andere van Lucas Maree en Leonard Cohen.

Rembrandt is 17 en 18 Augustus by Die Boer in Durbanville.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar