Nadat Rocco laat in 2024 na Kaapstad verhuis het, en 60 jaar oud geword het in Januarie vanjaar, is 28 en 29 Junie sy eerste winterkonserte as Kapenaar. En natuurlik is dit by Die Boer teater in Durbanville. Saam met kitaarspeler Mauritz Lotz is die vertoning ‘n musikale reis oor verandering, aanpassing en vredemaak. Alles met 4 spinternuwe stukke en nuwe baadjies vir sy bekendes. Rocco dink, grap, skerts en rond alles soos altyd af met die mooiste musiek.
Kaartjies kos R260 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

