Na ‘n suksesvolle debuut by die Woordfees sal Elzabé Zietsman se splinternuwe
eenvroutoneelstuk Routrip 30 en 31 Januarie 2024 by Die Boer in Durbanville te sien wees.
Ná ’n mislukte selfdoodpoging en drie weke in ’n psigiatriese kliniek, pak Helena haar
karretjie met een tas klere en bokse vol familie-items wat sy haar lewe lank bymekaarmaak
– van ’n lappieskombers tot ’n alsiende glasoog. Met niks om te verloor nie, begin haar
tragikomiese reis deur die land om haar versameling uit te deel en finaal van mense afskeid
te neem. Gewapen met humor, ignoreer sy die wanhoop en leef sy vreesloos, vry en, op die
oog af, sorgeloos.
“Die stuk laat mens anders na die aard van depressie kyk, en beslis met die nodige
sensitiwiteit en patos. Dit waardeur Helena gaan, klink bekend, maar haar benadering tot
dit waarmee sy worstel is insiggewend.
Routrip, uit die pen van Johann Slabbert, is ‘n gelaaide drama komedie vol nuwe wendings
wat, soos meeste mense, op die fyn lyn tussen lig en donker/lag en trane balanseer.

