Samas 2009

Die Suid-Afrikaanse Musiekpryse (Samas) vir 2009 is die naweek in die Superbowl uitgedeel.

Kurt Darren het die Sama ontvang vir beste Afrikaanse sokkiedansalbum met sy Uit die diepte van my hart.

Beste Afrikaanse popalbum het gegaan aan Eden vir Knieë lam.

Beste kinderalbum in Afrikaans was Nedine Blom se Supercool.

Foto Na Dans het die Sama gewen vir beste alternatiewe Afrikaanse album vir Pantomime op herwinbare klanke.

Beste rockalbum was die Van Coke Kartel se Waaksaam en wakker.

Anton Goosen het ‘n Sama ontvang vir sy vir lewenslange bydrae tot Suid-Afrikaanse musiek.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar