Shaggy

Shaggy se styl is soortgelyk aan die van Hugh Hefner in die vroeë tagtigs. Is hy ernstig oor wat hy doen of probeer hy opsetlik ‘n bespotting van homself maak? Dit is die onsekerheid waarmee die man jou laat na jy Mr Hot Shot gehoor het.

Sy rymelary is soortgelyk aan die van ‘n graad drietjie wat Trippe Trappe Trone na ‘n stukkie Shakespeare laat lyk. Groot is die sug van verligting as hy sing “can’t get stuck with a ball and chain”, die laaste ding wat ons wil sien in die toekoms is nog klein Shaggies. Gaan luister maar self na die man wat die Lionel Richie van reggae probeer wees en besluit self.

2 op ‘n skaal van 10.

Lewer kommentaar

Leave a Reply