Deur die eeue het die Oos-Europese sigeuners se leefwyse en musiek talle kunstenaars gefassineer. Brahms en Dvořák was twee komponiste wat deur die sigeuners geinspireer is om van hulle mees opwindende musiek te skep met opruiende ritmes en onvergeetlike melodieë.
Pianiste Elna van der Merwe en Zorada Temmingh speel ‘n aantal van Brahms se Hongaarse Danse, gevolg deur die mezzo-sopraan Minette du Toit-Pearce wat sy Sigeunerliedere sing.
Van Dvořák speel die pianiste ‘n aantal Slawiese Danse en sing die sopraan Anina Wassermann sy Sigeunerliedere.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
