In Januarie 2025 is die Britse groep Soul II Soul op pad na Johannesburg om op 1 Februarie 2025 om 17h00 op te tree in ‘n aand van reggae, R&B en neo-soul. Die konsert vind plaas by die Montecasino Outdoor Events Area Kaartjies is tans beskikbaar by showtime.co.za en webtickets.co.za teen ‘n koste van R895.

Soul II Soul is veel meer as ‘n band. Hulle het begin as DJ’s en oudio-ingenieurs wat grooves en stemmings geskep het vir partytjies in die laat tagtigerjare in Londen. Hulle het in 1989 ’n oornag sensasie geraak met die klassieke enkelsnit “Keep On Movin’” en die treffer “Back To Life (However Do You Want Me)” – nommer een in beide die VSA en die VK.

“Back To Life” is genomineer vir ‘n American Music Award, ‘n Brit Award en ‘n Ivor Novello-toekenning en het die 1990 Grammy-toekenning vir Beste R&B-uitvoering deur ‘n duo of groep met sang gewen. In hul eklektiese samesmelting van ‘n hand vol verskillende musiekgenres, bied Soul II Soul ‘n unieke samestelling van bewuste klank en liries-inspirerende hip-hop, alles deurspek met ‘n reggae-klank.

DJ, vervaardiger en mode-entrepreneur Jazzie B is die enigste oorblywende lid van die groep se eerste.

Jazzie B
Jazzie B

Lewer kommentaar

Leave a Reply